Articles tagged with: tuine
uittreksel »
“Groot probleem nommer een: Ek het nie groen vingers nie! My ouer suster, aan die ander kant, het ’n natuurlike aanslag om met grond en plante en allerhande aardse dinge om te gaan. Dis asof hulle ’n geheime taal praat wat ons gewone sterflinge nie verstaan nie. Sy het my groentetuintjie vir ’n rukkie bekyk en toe uitdruklik verklaar: “Dáárdie plant moet gaan, maar daai stekelrige een langsaan is ’n natuurlike insekweerder en moet bly.”
Sy’t vir my gesê watter blomme goed langs watter groente sal aard, want party plante voed …
