THE BOOK • DIE BOEK

BITTERSWEET

bittersweet1

Natasha Sutherland was the fairy princess who married her prince, a well-known Afrikaans pop star.
She was the celebrity who managed to juggle motherhood and a career
as an actress and TV producer.
She used to be all this and more.
Now the bubble has burst in front of the whole country. Everybody knows about the dramas,
the torrid affairs and the crumbling of the fairy tale.


In this inspirational book

Natasha writes about her experiences, thoughts and her soul’s journey. These tales of transformation are confessions of a freshly single woman moving forward from being “Broken”, to “Bandaged” and finally “Breathing”.

In the three parts of her book you can read her thoughts on …

•  Men and Love
•  Marriage and Sex
•  Women and Friendship
•  Affairs and Infidelity
•  Children and Divorce
•  Loneliness and Depression
•  Angels and Prayer
•  Stillness and Dancing

… and how to keep a swimming pool blue and bake glitter cupcakes.

At first you will want

to read Natasha Sutherland’s Bittersweet confessions because you are curious, and want to know more about the woman behind all the drama and sensation. But soon you will know that this is not an autobiography. Her confessions come from a wise and precious heart and are touching your soul and changing your point of view on love, life and everything in between – like forgiveness – forever.

BITTERSOET

bittersoet1Natasha Sutherland was die prinses wat met
haar droomprins, ’n bekende Afrikaanse popsanger, getroud was en twee kroonprinsies en ’n suksesvolle
beroep as aktrise en programvervaardiger in balans kon hou. Sy was dit alles en meer.
Maar die sprokie van haar lewe het ten aanskou van die hele land verbrokkel. Almal weet van die dramas, die affairs en die egskeiding wat volg.


In dié inspirerende boek

skryf Natasha oor haar ervarings, gedagtes en sielereis. Dié verhale van verandering is hartsgeheime van ’n enkelvrou oor haar aanbeweeg van “Gebreek”, na “Verbind” tot om “Bevry” te wees.

In die drie dele kan jy lees oor …

• Mans en liefde
• Die huwelik en seks
• Vroue en vriendskap
• Affairs en ontrouheid
• Kinders en egskeiding
• Alleenheid en depressie
• Engele en gebed
• Stilte en dans

… en hoe om ’n swembad blou te hou en skitterende kolwyntjies te bak.

Aanvanklik lees ’n mens

Natasha se Bittersoet belydenisse omdat jy nuuskierig is en meer oor die vrou agter al die drama en sensasie wil weet. Maar na net enkele bladsye weet jy hierdie is nie ’n outobiografie nie. Dit is woorde wat gebore is uit ’n wyse en kosbare hart en wat jou siel aanraak. Woorde wat hoe jy dink en voel oor die liefde, lewe en alles tussenin – soos vergifnis – vir altyd sal verander.

62 Comments »

  • Melissa Botha said:

    Natasha, ek is bly jy het vir jouself op gestaan. Jy verdien baie beter as die “bekende Afrikaanse popsanger”

    Baie dankie vir jou inspirasie.

    Jy sal weer glimlag, maar tot dan, is ons hier om jou te ondersteun!

    Mag jy ware liefde ontdek.

  • Petro Deck said:

    My gebede is met jou, onthou “GOD” bring niks op ons pad wat HY weet met SY hulp kan ons dit tebowe…… al die struikelblokke is daar omdat ons,toegelaat word om ons eie keuses ie maak en om ons TE HERHINDER ons is net mense wat totaal afhanklik is van ons “HEMELSE VADER” Jy is immers SY eiendom HY het jou gekies nog voor jy gebore is!!!! Jesus Liefde

  • Annie Opperman said:

    Hi Natasha,

    Soms weet n mens nie hoekom sulke dinge met jou gebeur nie en wonder mens hoe voel die ander vroue wat dit aan mens doen.Ek was selfs deur sulke dinge in my lewe en vandag kyk ek nie vir n oomblik terug in die lewe nie.Die Here het my gedra die tyd toe ek die swakste was en nie moed gehad het om aan te gaan nie.Natasha jy is n pragtige mens en jou sprankelende persoonlikheid straal nog steeds soos toe jy en Steve getroud was. Mooi bly en baie sterkte vorentoe.

  • Layla said:

    I think that telling your story will be an inspiration to many women, and hopefully a message that although a difficult and challenging process, there is always life beyond the discovery that your husband has been having an affair. It is a topic that many many women in some way or the other, can relate to. Well done.

  • Lizette van Niekerk said:

    Hi, Natasha,

    Kan nie wag vir jou boek om die 12de op die rakke te verskyn sodat ek dit kan lees nie.
    Jy is ‘n inspirasie vir alle vroue en ek wens jou net alle sterkte vir die toekoms.

    Staan sterk en bly positief al is dit nie elke dag moontlik nie.

  • Roelien Pretorius said:

    Hi Natasha

    Jou storie het vir my so baie beteken, ek was presies in dieselfde bootjie as jy so jaar terug. Dit is moeilik dit is die grootste seer wat n vrou deur kan gaan, Maar jy het vir my persoonlik gewys n mens kan aan beweeg, Ek voel baie beter om te weet ek is nie die enigste vrou wat nog seer het oor die ding wat ons manne aan ons vroue doen nie. Ek sal defentief jou boek koop en lees, En ek weet dit gaan my help om seer weg te vat en aan te beweeg, Met die Here se hulp en jou wyse woorde kan ek weer voortoe kyk en aangaan.

    Baie dankie en onthou ons vroue staan saam,
    Liefde groete (Roelien Bronkhorstspruit dankbaar)

  • Janine said:

    Natasha, ek weet hoe jy voel, want ek voel oor my man soos jy oor Steve voel, na 5 jaar is ek nog nie daaroor nie alhoewel ons nog bymekaar is, maar dit sal nooit weer dieselfde wees nie, en ek gaan jou boek koop vir inspirasie en dalk leer jy my iets nuuts daaruit, sterkte en “you go girl”.

  • Linda said:

    Natasha

    You have always been an inspiration for me… long before you teamed up with Steve. You are in our thoughts and hearts. Thank you for having the courage to put ‘pen to paper’. Cannot wait to read the book (been looking for it since I read about it in a magazine). I should receive it next week. Yippeee!

    May all the dreams come true and may you be blessed.

    Love
    Linda

  • Carel said:

    YOU GO GIRL!!

    STEVE IS SEKER OP SY MANIER ‘N OK OU. MAAR EK MOES HIERDIE VIR JOU STUUR WANT HY HET JARE GELEDE SO BY MY VERLOOFDE AANGELE IN HARTBEESPOORT MET ‘N PRIVATE WERKSPARTYTJIE (WAARNA HY OOK UITGENOOI WAS) DAT SY EERDER HAAR WERK BEDANK HET. (SY KON MAAR KYLIE MINOQUE SE DOUBLE GEWEES HET). SY HET MY LATER VERTEL DAT DIT NET TE ERG GEWORD HET WANT HY HET GLO GEREELD BY HULLE KANTORE IN SILVERTON KOM KUIER VIR DIE EIENARES MET WIE HY BEVRIEND WAS. ONGELUKKIG KAN EK NIE MET SEKERHEID HIEROOR GETUIG NIE WANT SY IS KORT DAARNA OORLEDE IN ‘N FRATSONGELUK OP VAKANSIE IN MOSAMBIEK.

    GELUK MET JOU BOEK EN EK WEET DIT GAAN ‘N TREFFER WEES EN JY SAL NOG STEEDS DIE NICE MENS WEES WAT ALTYD WAS. WAAR KOM DIE MENSE AAN STUCK UP?? PARTYKEER IS MENS NET CALM COOL AND COLLECTED DAN WORD JY GEBRANDMERK AS STUCK UP.

    CAREL

  • Joan said:

    Natasha

    Any relationship starts with ‘faith’. By having faith in a person, you start expecting all the other elements which is important:

    ‘Faith’ triggers ‘hope’
    [You believe in someone and therefore you put your hope in that person]

    ‘Hope’ triggers ‘trust’
    [Because you have so much faith and hope in him, you start to trust that person]

    And ‘trust’ triggers ‘love’
    [You have the faith, the hope and the trust - and therefore you are able to love that person]

    May faith, hope, trust and love brings joy back into your life…

    Best wishes,
    Joan

  • Ina Berg said:

    Hi Natasha - Wat ‘n reis saam met jou!!! Dit is so - jy is weer heel en oppad. Ek is al 33 jaar baie gelukkig getroud -daar was dorings, maar ons het skoene aangetrek!Gelukkig net dorings en nie ‘n me X. My man vertel my steeds elke dag (en ook diep in die nag as ons wakker word) hoe lief hy my het! Vanoggend het hy my Spreuke gewys - oor die volmaakte vrou -. Ek dank God vir hom. Ek wens jou toe ‘n fantastiese reis verder en ‘n nuwe gelukkige huwelik met ‘n maat duisend!!!!! Ons hou van jou groentetuin en natuurlik jou stewels! ‘n Gelukkige ma het gelukkige gesonde kinders!!!

  • Minette van Niekerk said:

    Hi Natasha

    Jy is ‘n inspirasie vir my. Ek is November 2007 geskei en ek sukkel tot vandag toe om op te staan en aan te gaan, om net te lewe. Ek weet nie hoe jy dit regkry nie maar ek wil dit ook hê. Jy inspireer my en wys my dat daar wel lewe na ‘n egskeiding is.

  • Eliza said:

    Hi Natasha!!!!!

    My name is Eliza and I just love your book…..
    Even if I am a fan of Steve’s music, what he did was not right.
    And you helped me, also to make a desecion in my life..

    And what I want to say to you, you are a remarkle woman, and so strong even if you wanted to break down…. And you are entiteld to do it, because you are a mom, woman, friend and much more.

    I’m reading your book for the second time now, and each time I discover something new.

    Thank you so much
    And remember, you have people behind you
    See you at the Spar race

    Eliza

  • Melissa said:

    Hi Natasha,

    It was great meeting you today! Thanks for the lovely chat and for the advise that you gave me.

    We all have so much respect for you.

    Thanks again!!!

  • Wilma said:

    Het die boek die naweek gelees. Baie geniet. Keep up the good work girl! Jy is great!!!!!!!! Ek is ‘n fan.

  • Elize said:

    Natasha, jy is ‘n inspirasie vir elke vrou!

    My suster is in baie opsigte in dieselfde bootjie as jy: sy is ‘n wonderlike mamma van 2 pragtige seuns, haar (ex-)man het affairs gehad en hulle is onlangs geskei. Sy verjaar binnekort, en “Bittersoet” is die ideale geskenk vir haar! Byvoorbaat dankie dat jy my sus se hart weer heel gaan maak…

    En natuurlik gaan ek een vir myself ook bestel! :-D

  • Grethe said:

    Hi Natasha,

    I just want to say I am busy journeying through your book and I find you a remarkable woman with so much courage. I also saw you on Pasella and was so humbled by your demeanor and the way you not only handle your situation with grace, buth with your dignity in tact. I know God has great plans in store for you and just remember you are a warrior and his Mona Lisa. I wish you find in Him an anchor, but that He will also allow your dreams to take flight.
    Thank you for inspiring a whole nation of women and being someone that people can look up to
    Kind regards

  • Juanita said:

    Hi Natasha

    Het jou boek gelees. Dit is absoluut stunning.Is vier jaar terug geskei. My ex het verhouding gehad met ‘n goeie vriendin.Kon myself vereenselwig met baie dinge wat jy geskryf het. Het dieselfde gevoel toe ek uit my groot huis moes trek na ‘n meenthuis met 3 kinders. En na al die tyd voel ek nog baie vir hom. Jy is beslis ‘n inspirasie vir ander vroue. Hou so aan!!!!!

  • Cherice said:

    Haai Natasha
    Ek het gisteraand jou boek klaar gelees en dit was n wonderlike ervaring. Nie almal kan skryf sodat ander ook jou saam met jou die hartseer en seerkry kan voel nie, maar jy doen dit baie goed. Ek hoop nie jy hou ooit op met skryf nie. Sterkte vir jou en die kinders.
    Cherice

  • Anita said:

    Tash

    What an excellent book! There is something inspirational for every single person who reads your book.
    Hope this is the fist of many more!

    Fly high you are an angel.

  • Ina-Mari said:

    Wow! Wat ‘n ongelooflike, inspirerende boek! Vir alle tegniese redes het ek niks in gemeen met jou situasie nie, maar ek het soveel geleer, soveel gevoel, gelag, gehuil en notas gemaak! Dit het my passie weer wakker gemaak. Om net te wees. Moenie aanvaarding soek in ander mense, dinge, situasies nie. JUST BE! Jy is so pragtig, beeldskoon in jou menswees! And an “awesome” rolemodele!

    Dankie dankie dankie!

  • tertia said:

    jou boek is uit die boeke en dit sal baie ander vroue se oe oop maak
    wat deur gaan wat jy deur gegaan het.baie van ons het net die moed om dit te doen nie en bly maar agv finansie omstandighede. jy is n wonderlik mens. steven het ook seker goeie punte in sy lewe, ek is mal oor sy musiek, maar wat hy aan jou doen is nie reg nie. sterkte en ons dink aan jou. kyk mooi na die twee pragtige seun.

  • Hettie said:

    Natasha,

    Ek het jou boek soos soetkoek opgeëet, en nee daar was nie eetbare glitter op nie. My skoonsus het aangebied om jou boek by my te leen wanneer ek klaar gelees is; en vir die eerste keer in my lewe het ek gesê dat hierdie boek nie uit my huis gaan nie, want ek wil dit weer-en-weer en kort-kort bietjies-bietjies geniet.

    My skoonma het hare klaar gelees en vir haar Ma, 85 jaar oud, gegee om ook te lees, want Ouma het gevra of sy mag. Ek het ‘n ‘ladies’-naskool by my huis smiddae en ek lees vir hulle voor van opstaan en aangaan en hulle geniet dit net so.

    My man is nou een van jou grootste ‘fans’, want hy was nog altyd ‘n volbloed Shark. Hy vra ook kort-kort dat ek vir hom moet voorlees wanneer ek so lekker giggel of heerlik saamhuil en hy geniet dit net so.

    So, Natasha en Roxy, in my huis geniet die tiener-ladies, Dadda van vele, Skoonma, Ouma- en Ouma-grootjie en natuurlik ek self jou reis na gesondword terdeë. Dankie dat jy die moeite gedoen het om dit neer te skryf en bereid was om dit met ons te deel.

    My gebed vir jou is dat jy jou eie uniekheid, ek-wees, ma-wees en vrou-wees elke oomblik van die dag terdeë sal geniet.

  • R A Vorster said:

    Dear Natasha

    I grew up with Steve and he will always be part of my Bloemfontein-school years (he was in the same school as my Brother and they were also together at Pretoria Technicon). However, I cannot and will not agree to everything that Steve has done and said in his life.

    I am currently reading your book (and his) and page after page I salute you! I take more than only my hat off for you and only wish that I could have given you a hug for courage, strength and being the wonderful person that I got to know from the pages.

    God bless you and your lovely sons!

  • Lynette said:

    Hi Natasha, ek is op die oomblik besig om jou boek te lees. Dit is ‘n pragtige boek, alhoewel ek nie self deur die pyn is wat jy ervaar het nie, kan ek dit beslis aanvoel in jou boek. Jy is, en was nog altyd vir my ‘n pragtige mens en ek het soveel respek vir jou vir alles wat jy moes en moet deurgaan. Ek wil nie vir Steve sleg sê nie maar ek het nog nooit van hom as mens gehou nie. Sterkte vir jou pad vorentoe en ek glo dat jy hierdie hele “ordeal” sal “survive” en net sterker anderkant sal uitkom. JY IS PRAGTIG!

  • Amanda said:

    Hi Natasha,

    Bravo, jy het opgestaan en gaan weer loop. Ek is so 16 jaar gelede al geskei en weet jy die Here het vir my n diamant gegee in die plek van n roos. Ja ek was ook seergemaak en nes jy het ek alles neergeskryf, my hart op papier bloot gele en my genesing was daarin.
    Jy verdien in elk geval beter as Steve. Jy is jonk en mooi en jy sal heel anderkant uitkom, moenie dat hy weer die rowe van jou seerplek afkrap nie. Sterk wees en ons as vroue salueer jou vir dit wat jy vir ander kan en gaan beteken in die toekoms.

  • Hanlie said:

    Hi Natasha

    Ek glo vas dat alles in die lewe met ‘n doel gebeur, en dat God vir Steve oor jou pad gestuur het sodat jy jouself en jou innerlike krag moes ontdek en dit te gebruik om ander vroue te help. Dis groeityd en dis wonderlik hoe jy ander vroue inspireer!

    “God loves us just the way we are, but he loves us to much to let us stay this way..” Jy’t jou doel gevind……

    Baie dankie vir ‘n stunning boek!

  • D194 said:

    Natasha,
    Ek het nie jou boek gelees nie maar het wel van Steve se “ervarings” gelees en sover dit my betref is jy baie “gelukkig” in die sin dat jy nou geld en baie aandag kry en ook nou baie gelukkig is met jou nuwe LOVER. Nogal nie lank geneem om weer n lover te kry nie!

    Ek is n man en jy moet onthou n man is n jagter en wanneer n GELEENTHEID opduik en jy is in “AANVRAAG” en n celeb. dan is dit maar moeilik om vir n “popsterafleiding-mens” nee te se.M.a.w. wat ek eintlik nou se is jy kan jou vrou baie lief he en die “afleiding” maar net beskou asof jy n bier saam met jou tjommie gedrink het.Niks ernstig nie.Punt.

    Ek kan nog baie hieroor skryf maar wou net my punt maak hoe n man se samestelling werk. Daarteenoor behoort n vrou altyd getrou en voorbeeldig te wees en haar man sal haar vir die res van sy lewe lief he!!

  • Lee-Ann said:

    Natasha, this book I believe it just amazing!! I went thru the infedility thing for years and felt so alone in it. I can SO identify with the book because -I have been there. The only difference is, he wasn’t a public figure(oh how he would have wanted to be !!!)
    You are an inspiration to all women.

    I wish for you that you may find love and happiness -as I have done. To your sons, who when they are older, will I am sure read this book as well and confirm for them just how blessed they are to have a Mom like you.

    Thank you Natasha for enriching my life.

  • Shirley Wienand nee Holder said:

    Hi Natasha, I bought your book yesterday and started reading it immediately. I must say that I just could not put it down! I wanted to read it as I have always been curious about your family’s life as your Mom was our much loved lecturer in Drama at Edgewood College of Education in 1968! She was a fantastic person, whom we looked up to. She left at the end of that year as she was expecting their first child.We missed her so. I’ve always wondered if that was you but now realise that you were not their first child. We met your Dad too as he came to watch us put on a show in the lecture room!

    Your book was wonderful. You have a real talent for writing and I hope that this will be the first of many. The book really pulled my heart strings as I have felt the same as you very often during this past year. My husband of 35 years died suddenly last year and I was left alone in a strange town which we had just moved to. Even our furniture was still in storage! I decided to stay on there and make a go of it. I was different to you in that my husband had cherished me, but I had to follow many similar steps to you in making a new life in a new place. It was very difficult and walking into a place, where I didn’t know a single person, was very daunting but I forced myself to do it and can now proudly say that I have made a new life for myself! I shed so many tears as I read your book because it all came back to me. My heart still feels frozen though.

    I wish you everything good in life for you and your boys. You’re obviously a wonderful Mom. Be proud of what you’ve achieved and never ever settle for second best again. My best wishes to your beautiful Mom

  • Theresa said:

    Wow jy is amaising en n fantastiese ma vir daai twee rabadoes.Ek het so baie insperasie uit jou boek gekry.Ek is nie n enkel ma of n geskeide vrou nie maar al wat ek weet hy gaan eendag stok siel allen wees verpletterd en n kluisenaar wees in sy eie wese (as hy nie al klaar is nie)Jy was die beste ding buiten die kinders wat hy nog ooit gehad het.
    Asseblief ek het die huisegenoot opgetel en gelees oor die ander een van 14 jaar nou wil sy kamakastig n boek skryf al wat ek daaroor wil se is simpel vrou jy gaan jou tyd mors niemand stel belang wat jy te se het nie!!!
    Baie dankie vir die passie wat jy weer in my wakker gemaak het om bome saam my kinders te klim en om dankbaar te wees vir dit wat ek het, en dit styf aan my hart te hou en dit te beskerm.
    Dankie vir jou en ek weet die prins gaan kom en die spesiale soen sal verewig bly

  • Sandra said:

    Natasha - WOW - WOW - WOW !!!! - Hierdie boek moet gekoop word - gelees word- weer en weer gelees word en nie geleen of uitgeleen word nie. Hierdie boek gaan vir baie lank langs by bed wees om my te herinner dat “ek n keuse het”.

    Dankie Natasha, ek hoef vir die volgende jaar nie meer kop te krap oor geskenke vir my vriendinne nie.

    Mag jy en jou seuns elke dag die Liefde en Genade van God ervaar.

  • Estelle Frost said:

    Ek wil graag weet waar om die kursus te doen wat Natasha gedoen het waar sy ontdek het haar “naam” is PASSIE! Ons moet almal groei en weet wie is ons is. Help seblief.

  • Sonja said:

    Hi Natasha
    Ek het nooit geweet watse awesome mens jy is nie.Na ek jou boek gelees het is ek definitief een van jou fans.
    Wat ‘n opregte & sielsvolle boek!!Ek is dol oor jou skryfstyl!!Jy is ‘n inspirasie vir ons almal.Alles van die heel mooiste vir jou.
    Ps:Wens vir jou hierdie boek sal jou weg baan vir die opvolgendes uit jou pen.

  • mariliret said:

    Natasha . . .
    ek het al begin Junie v n vriendin in SA laat weet jou boek kom uit die 4de - en ek het n geleentheid na USA vir dit die 22ste Junie - en jou boek was orals uit verkoop sy het gehardloop van winkel na winkel en die LAASTE een gekry en was net betyds - dis Al en n boks smatries wat ek bestel het vanuit SA - en ek was vas gepen in jou boek - jy is n vrou 1000!! en dan nog boonop . . RESEPTE ook!!! ek was so verras en nou maak ek ook some weer leke SA kos hier in die buiteland!

    en ek gaan verseker die boek weer en weer en weer lees sodra ek weer so “af” tydjie beleef!!
    1000 dankies
    “. . dalk n opvolg later”
    mag jou pad vorentoe net met roosblare gestooi wees!

  • Nelia Grundling said:

    Hello Natasha,

    Jou boek is vir menige vrou ‘n insprasie, myself inkluis, ek hoop net dat meer van ons die moed sal hê om te weet wanneer ons moet uitklim.

    Sterkte en liefde vir jou en die kinders, en dankie dat jou vriendinne daar was vir jou. Ons bevoorreg om vriende te kan hê wat ons op ons voete hou wanneer ons self meer kan nie.

    Groete
    Nelia

  • Elize said:

    Wat ‘n fantastiese boek geskryf deur ‘n wonderlike dierbare mens. Elke vrou moet dit te lees!
    Natasha, jou lewe saam met Steve was ‘n leerskool. Onthou die goeie oomblikke, vergeet van die res. Geniet jou nuwe lewe saam met jou kinders en die nuwe man in jou lewe, moet nooit terugkyk nie. Daar is altyd ‘n rede hoekom dinge so gebeur. Jy het vrede gevind.

  • Mishka said:

    “Natasha se Bittersoet belydenisse omdat jy nuuskierig is en meer oor die vrou agter al die drama en sensasie wil weet. Maar na net enkele bladsye weet jy hierdie is nie ’n outobiografie nie. Dit is woorde wat gebore is uit ’n wyse en kosbare hart en wat jou siel aanraak. Woorde wat hoe jy dink en voel oor die liefde, lewe en alles tussenin – soos vergifnis – vir altyd sal verander”.

    Dit is presies so. Ek het die boek in twee dae verslind. Wat uniek aan die boek is, is dit is werklik…werklik in die sin van ons as mens wees.

    Jy moet altyd onthou, dat God nie iets op jou pad sal sit wat jy nie kan hanteer nie.
    Liefde en voorspoed vir jou en die seuns.

  • Aletta Visser said:

    Liewe Natasha,

    Bittersoet was ‘n amaizing lees-ondervinding!!

    Jy het jou hart, siel en hartseer op papier gesit - vir die wêreld om sien, en so het JY gesond geword!

    Vir baaaaie jare het ek myself as Mnr.Y se grootste aanhanger gesien, nou’s daar niks meer om “aan te hang” nie. Maar nou is ek ‘n aanhanger van jou! Alhoewel…aanhanger klink so….mmmm….nee, jy voel nou meer so ‘n vriendin!

    Ek is amper 2 jaar getroud, en het nog nooit skeibriewe gehad om te teken nie, maar ek het al ‘n paar emosionele “egskeidings” deurgegaan in die verlede…
    Maar om te besef watse sterk vrou jy diep binne-in jouself is, en om terug te kyk en te sien hoe ver jy gevorder het, is die BESTE gevoel!!!

    Dankie dat jy hierdie reis met ons gedeel het!

    Jou Sharks-”maatjie”
    Aletta

    ps: Asjas klink soos ‘n awesome, cool vriendin!!!

  • Irma said:

    I really enjoyed Natasha’s honesty in the book and took out of it that we all have special tools (gifts) that we can use during life changing events. It is just so sad that you only get to know yourself during hard times.

    I would like to congratulate her and wish her all the best for her future with Ben & Seb.

    God Bless

  • Liezl said:

    Hey Natasha

    Ek hoop dit gaan goed
    Met my gaan dit goed
    Baie geluk met Benjamin se verjaarsdag mag daar nog vele meer wees vir hom.

    liefdetjies Liezl

  • Kay said:

    Hey Natasha,

    I’ve had loads of complaints from friends and relations in Kwa Zulu Natal about the fact that there just does not seem to be any info down there about your book and where to get it. In fact some very receptive women have said they know next-to-nothing about it.

    Having read so many of the messages on your blog where women (and some men too - how marvelous) have expressed their responses with sensitivity, delight, gratitude and intelligence, I thought we all should email friends and relations in KZN letting them know about Bettersweet/Bittersoet so they too can have the advantage of reading your thoughts and words.

    Come on ladies (and gentlemen)! Let’s do our bit for Natasha and her book so that (as Noleen said on her TV programme) ‘all women in South Africa should (are able to) read this book’and gain strength from it.

  • zumano said:

    Hey Tash,

    I bought ur book @ Exclusive Books in PMBurg, read & finished it in 2 days..am sooo impressed luv it to bits..have u lauched it in PMBurg as yet??? would really love ur autograph!

    Luvies, Nozipho:-)

  • suzanne said:

    hi natasha jou boek was uitstekend, skryf asseblief nog een en kom besoek die kaap en beplan ‘n motiverings seminaar vir alle vroue in kaap.

  • Maryna said:

    Natasha

    Ek’s nog besig met die boek, maar dit oorskry al my verwagtinge. Jy’s ‘n regte prinses met ‘n “happy ending”. Dankie dat jy opgestaan het en ‘n rolmodel geword het vir duisende vroue in ons land. Mag die Here jou al die seeninge gee wat jou toekom.

  • Christine said:

    Hi Natasha

    Jy is n vrou duisend,n voorbeeld vir so baie van ons.Ek sal ook graag jou boek wil lees. Sterkte vorentoe.

    Daar is so baie van ons wat n seer het wat net te moeilik is om te verwerk, maar ek dink op die een of ander manier sal ons genesing kry vir al die seer

    Christine

  • Bianca said:

    Hi Natasha

    Just now I wrote, and do not know what happened. E-mail just went away, gone. It’s late. I give it another try. I so much want to. I went through a lot of your experiences. Deeply, intesely.
    With a baby to top it. A girl newly born 13 years ago.
    I did, through belief, receive an amazing husband. (Should I make mistakes, please apologise, I’m German).

    Now we are 2 kids richer. The youngest two are 11 and ten. Another girl and boy. But let me tell you a major part of the our story.

    We lived in the garden route for 7 years. In George, and over weekends in a log home, stunning and peaceful, without electricity, only donkeys and paraffin lamps, in the forests close to Sedgefield. It’ still there, fully furnished and equipped.
    But you know what, again, in this terribly long story?
    We, not only him, but myself included (I came from a rather poor household), had also been spoilt. Lived on debt and money kept rolling in, in the past, lets say round about 2002/ 2003.
    Then things started changing.
    Times bacame very tough. Circumstances, even for the most successful people. Which was unreal!!! You know, recession, the whole thing, ect…..
    Suddenly. My husband was so, so hard, especially on me. I can actually not even explain it.
    I could not talk to him, he would walk away, ignore me for days. So it carried on…although I earned the major money in those days and simply could not keep up with loan, interest, school, etc. I could not talk with him at all.
    I just cried and locked myself into my room, felt hollow. He kept ignoring me on those hollow days. I tried to think of, and find solutions, somehow.

    The feelings you expressed in your absolutely wonderful book, I have experienced in exactly the same, intense and expressive way. So clear and so surreal.
    Women who can do this, as you could, and move on, to dust off the unnecessary, sad, negative parts, not because they want too, but have to, there are no words. Just admirable.

    Yet, through prayers, my husband did finally change. I can still not believe this miracle. He now has work in Windhoek, after we moved back end of 2008, he is needed and a totally different person for a long time now. I prayed and carried on. I always do. He has dropped the issues, is loving, happy and grateful. He treats his clients with grace. It has never, never been like that in the past. We have never looked back.
    One can only look up to those like you, who have managed with “bravour” through all the hardship.
    If love and integrity are part of your being, believing and living towards your beliefs and for the sake of the children, is purely the only way and of course God’s. Just keep it up, always, no matter what.
    I also loved the story of your best friend Asjas. How amazing, truly beautiful is this story of her, having been successful, and at the end of the day, all that matters to her, are her true friendships, her beloved ones, no matter that she decided against a rich, wealthy life, considering that it would have been pretty empty in comparison to her not so wealthy life in terms of money, but rich in love, peace happiness and gratefuleness.
    I was extremely touched.

    I am now even more very much in touch with myself.
    A last thing I have to share.
    My sister in law here in Windhoek is the sole proprietor for the past many years of Miss Namibia. I have met Mr. Y at one of those occasions. Even in George. I have not been too impressed by him, unlike all the other woman, although I do look after myself intensively, but I am seldomly genuinely impressed by people who live amongst the clouds. And I am also a firmly believer in terms of faithfulness, does not matter how tough times are, unless of course it is the same the othe way around. Tough is fine, but betrayal an absolute no, no.
    Obviously for me to write all of this, is quite one step forward. But because of this genuine, beautifully written book and my own experience, I am fullfilled richer, can share and I really hope from deep down in my heart that I can share more with you. I suppose, the chances are rare, because of the many requests you have, and if, I would only really want to receive a personal e-mail, your own, by yourself. If not, I do understand fully and would rather leave it at that. But thank you for your fantastic book. It was honest, humerous, great and I am grateful for what I have read. To find something like that, which I can relate to on a day to day basis, is a very scarce occasion and I simply thrived on your book.
    THANK YOU.

    BIANCA

  • Laura said:

    Hallo Natasha

    I received your book on Friday and finished it last night. Great book. When a book makes you wonder, laugh and have tears in your eyes, it says alot.

    I am proud of you and hope that many in your position will read this book - it will sommer give them a boost. Be strong and stay positive. Your are a beautiful person and with a beautiful heart. Let the passion burn for ever.

    Great book.

  • Elreze said:

    Hi Natasha

    Soos 1000e ander vroue, is ek ook onlangs deur dieselfde hel as jy. Ek stap egter swanger uit die verhouding, maar weet ek het die regte besluit gemaak deur te breek. Ek kan nie nou by my terapeut uitkom nie, en het toe jou boek aangeskaf. Ek vorder maar stadig, maar kan 110% identifiseer met al die gedagtes, gevoelens, emosie, ens.
    Jy is waarlik ‘n inspirasie - hou asb so aan!
    Sodra ek weer ‘n geleentheid met jou as gasspreker sien, gaan ek dit vir niks mis nie!

    Ek deel graag ‘n e-pos wat ek onthou het toe ek ‘Oor DOODGAAN…’ gelees het…

    “Omdat ek ‘n veearts is, is ek geroep om die 10 jaar oue Ierse
    wolfhond Belker te ondersoek. Die hond se eienaars, Ron en Lisa en hul
    seuntjie, Shane, was almal baie lief vir Belker en het op ‘n wonderwerk gehoop.

    Ek het Belker ondersoek en gevind hy is besig om dood te gaan. Ek het die familie gesê ek kan niks meer vir hom doen nie en het genadedood
    voorgestel.

    Ron en Lisa het gesê hulle dink dit sal goed wees as die sesjarige Shane ook die ondervinding kan meemaak en dat hy dalk iets daaruit sal leer.

    Die volgende dag was ons bymekaar om die prosedure by hul huis te doen. Shane was kalm en het die ou hond vir die laaste keer gevryf. Ek het gewonder of hy verstaan wat aangaan. Binne ‘n paar minute het Belker sag heengegaan.

    Die seuntjie het gelyk of hy Belker se heengaan sonder moeite of
    verwarring aanvaar. Ons het almal ‘n paar oomblikke bly sit en gedink hoe jammer dit is dat diere korter lewe as mense.
    Shane het skielik gesê ‘Ek weet hoekom.’

    Ons het almal na hom gekyk. Wat uit sy mond gekom het, het my verstom. Ek het nog nooit ‘n meer vertroostende verduideliking gehoor nie.

    Hy het gesê: ‘Mense word gebore sodat hulle kan leer hoe om goed te lewe soos om almal altyd lief te hê, nê? Honde weet reeds hoe om dit te doen en daarom hoef hulle nie so lank hier te bly nie.’

    Onthou, as ‘n hond jou leermeester was, sou jy dinge geleer het soos:
    · As iemand wat jy liefhet tuiskom, hardloop om hulle te groet;
    · Moet nooit nee sê vir ‘n pretrit nie;
    · Geniet die vars lug en die wind in jou gesig ekstaties;
    · Neem af en toe ‘n slapie;
    · Strek voordat jy opstaan;
    · Hardloop, baljaar en speel daagliks;
    · Gedy op aandag en laat mense aan jou raak;
    · Moenie byt as ‘n grom genoeg is nie;
    · Staan ‘n oomblik stil op ‘n warm dag en lê op jou rug op die gras;
    · Drink op ‘n snikhete dag baie water en lê onder ‘n skaduweeboom;
    · As jy gelukkig is, dans rond en swaai jou hele lyf;
    · Geniet ‘n eenvoudige, lang uitstappie;
    · Eet met smaak en entoesiasme, hou op as jy genoeg gehad het;
    · Wees lojaal, moet nooit iets voorgee wat jy nie is nie;
    · As dit wat jy wil hê diep ingespit is, grawe tot jy dit vind; en
    · As iemand ‘n slegte dag het, wees stil, sit naby en leun saggies
    teen hul aan.”

  • BevLee said:

    Hello Natasha,
    Firstly, a big THANK YOU !!! What a wonderful way you have with words, and that you were able to hold on to an incredible sense of humour in spite of what that a h did to you.

    Your book is an inspiration to me. I love your philosophical outlook on life. As for the recipes? Mmmmmmmmmm.

    I bought your book months ago and have just finished reading it. You may wonder why it took so long? Well, it is full of such wonderful lessons that I needed to ponder the pages, sort of, really absorb and mull over the words. Reading it quickly would have been like having a ‘gobble and go’ meal. Bit like gulpie hitting and running! LOL

    Speaking of the latter………..if you ever speak to him again, please ask him to leave Neil Diamond alone. Some original material would be ok……………not that I’d listen. I’m an avid Neil Diamond fan (now you know my age) and one birthday my hubby gave me a dvd as a gift. He proudly announced that it was my favourite. (Neil D) Imagine my disappointment when I opened it and found it was the ‘impersonator’!! Do you know I’ve not listened to it. After reading your story I feel quite justified playing frisbie with the dogs in the street!

    Hou die blikkant bo. Thanks for being a good teacher.

    Love, BevLee

  • KimmieC said:

    Natasha,
    Was given your book yesterday at a braai (with friends) and finished it in one night! I just loved it soooo much that I’m buying it for Christmas gifts for all my girlfriends.
    I am married (10 years now), with two sweet little boys - and although I have not had to endure what you went through, I could relate and feel everything you shared about.
    What I have taken away with me from “Bittersweet” is to start enjoying all the moments that life throws at me, big and small, lovely or difficult, and to live more in the NOW. I am so inspired to get back my MOJO and stop waiting - waiting for what I don’t know, but to truly start living with passion again!
    Thank you, thank you, thank you.
    Kim
    Xx

  • Adri Human said:

    Congratulations on a beautifully-written, much-needed, inspiring book for this generation of women!

  • Valerie said:

    Hi Natasha,

    Wat ‘n wonderlike ondervinding vir my om Bittersoet te gelees het.
    My pogings om myself mooier te laat lyk, het nou wel gemaak dat die helfte van my “cutex-remover” op my boek uitval het. Kon ek myself skop!
    Na ‘n huwelik van 7 jaar, loop ek direk van die mislikte poging direk in ‘n ander een in. En hier is ek, en ek ondervind al vir die afgelope 4 jaar (in die verhouding) dieselfde emosies en gevoelens wat jy in Bittersoet ervaar. Soos jy is ek ook ‘n baie passievolle persoon. Ek, in die anderkant, het baie liefde en versekering nodig.
    Die vraag is Waneer is genoeg nou eintlik genoeg? Hoe kry ek myself hier uit sonder om stukkend en gebroke te voel? Sonder om so “unwanted” en “not-needed” te voel!

    Dit weet ek nie, maar ek kan wel se dat ek nou defintief iets aan my situasie gaan doen. So my innige dank aan jou vir die inspirerende boek. Mag daar vir jou net voorspoed vorentoe wees. Liefde.. Valerie

  • Nicolene Muller said:

    Hi Natasha

    Het jou boek gelees was regtig ‘n inspirasie. Dankie dat ons na jou kan opkyk. Die Here seën jou vir wat jy vir ander beteken.

  • chunky said:

    Hi Natasha,
    I really am lost for words!! I started your book, and just could not put it down, (with two kids quite remarkable, as you would know). In some of the chapters you had me in tears and then in some I was giggling with you!! May you find the most perfect soul mate, and may your dreams and realities walk hand in hand.. Take care of yourself, and hugs to the boys!!! God Bless!

  • Antoinette Spangenberg said:

    As God ‘n wolk bo ons kop stuur, is dit omdat hy Sy sëen oor ons wil uitstort.

  • Mercia van Loggerenberg said:

    Hi Natasha

    I am an ex-South African staying in NZ recently we visited SA for my eldest sons wedding and on returning to NZ I bought your book at the Oliver Thambo airport before returning, and how I enjoyed your book. Whenever I had to come away from reading due to chores I still had to do I missed you like a true friend and could not wait to return to the book. What an inspiration. Loved it from cover to cover. Keep it up girl! Yes and go for it. Love again, laugh again and may your love this time be returned. Love, Mercia from NZ

  • Anoniem said:

    Ek moet erken, ek is glad nie een vir lees nie! My ma aan die anderkant is gek oor lees en het Bittersoet bestel. Ek het die boek sien lê op haar bed toe ek nou in Desember vir haar gaan kuier het, ek dink die woord ‘Bittersoet’ het onmiddellik my aandag getrek… Ek het wel nog nie die hele boek klaar gelees nie maar het al baie “tissues” gebruik. Seker omdat ek kan (hoe stel ek dit nou) relate na baie van die dinge wat jy daar gesê het. Ek is 23 jaar oud en dis die eerste keer wat ek nie kan wag om ’n boek te lees nie? Uitstekende werk Natasha!!

  • Elsje de Swardt said:

    ‘n Baie goeie vriendin van my van Engeland het oor die Feesseisoen by my kom kuier. Sy is net voor sy SA toe gevlieg het vir vakansie, geskei van haar man nadat hul 10 jaar bymekaar was. Die rede - ‘n ander vrou (en dit was ook nie die 1ste keer nie). Die dag toe ons moet groet het ek op die ingewing van die oomblik besluit om vir haar Bittersweet te koop om die lang vlug na Heaththrow vir haar korter te maak. Hiermee haar terugvoer nadat sy aan jou boek begin lees het:

    “I started reading Natasha’s book yesterday - I can’t tell you how close it is to my heart, and I can empathise so much with the things she is writing about, especially the words about betrayal! I did cry yesterday while I was reading it. It’s a wonderful book, thank you so much for getting it for me.”

    Natasha, jou boek help mense in alle uithoeke van die wereld!!

    xx

  • Nicoline Noeth said:

    Hello Natasha,

    Ek weet nie waar om te begin vertel of “praat” nie.

    Ek het jou boek Bittersweet by my ma en pa gekry vir Kersfees. Omdat ek ook nou gaan skei!! Na 11jaar van saam wees en 9jaar van getroude lewe en twee pragtig meisies later.

    Ek het jou boek begin lees en begin rond kyk of iemand my dalk nie dophou nie, want daar is so baie dinge wat presies soos my lewe is en was. Goed wat ek vir almal weg gesteek het, en hier lees ek dit in ’n boek …

    Nou dat ek begin:

    Ek het myself so verloor in my huwelik. Ek’s baie jonk getroud en daarom het ek gedink ’n mens moet soveel meer opofferings maak om jou huwelik te maak werk. Vandag en jou boek later besef ek, ek moet nooit eers daardie dag in die kerk JA gesê het nie. Daar het alles al begin verkeerd gaan, want reeds daar was ek, ek as mense en vrou al siels ongelukkig, maar almal het gedink en geweet ek trou met die “perfekte” man. Almal wou my lewe en my man hê, en met jare wat verby gegaan het, het ek al hoe meer in myself begin twyfel, want almal wat my sien, ons sien - wil my lewe hê!! Nou hoe kan ek so siels ongelukkig wees as die hele wêreld glo my lewe is ’n fairy tail? Ek was besig om dood te gaan, van binne!!

    En toe gebeur iets, wie weet wat …

    My “perfekte” man besluit hy kom nie weer huis toe nie …

    En daar val my hele “perfekte” lewe uit mekaar vir almal om te sien. Ek het gedink ek gaan dood gaan … maar ek het elke dag opgestaan en asem gahaal en die stukke van ons nie so perfekte lewe begin optel vir myself en die twee meisies. En elke dag wat verby is met al sy hartseer en trane het ek weer begin ASEM HAAL!!! My ouste dogtertjie van 6 het een oggend terwyl ek klaar maak om die prokereur te gaan sien, en die grootste besluit namens hulle te neem, na my gekyk en gesê: “mamma kyk hoe mooi lyk jy en jou hartjie is so gelukkig”, want haar mamma het weer begin lewe! Vir myself!

    Jou boek staan nou nog op my bedkassie. Ek en die meisies lees elke aand die kinderbybel en bid, dan raak hulle aan die slaap. Ek’s baie lief vir lees, dan lees ek iets (nou lees ek net oor egskeiding) maar die laaste ding wat ek lees - is dele uit jou boek wat ek onderstreup het!! (ek lees: Alonness, Asking, Angels, Pain, Authenticity, Children, Passionen Love daar is soveel stukkies daarin wat my hart gesond gemaak het, dankie!!)

    Ek hoop ek kan jou eendag self ontmoet, want jy het my so, so baie gehelp!! Ek wil net baie dankie sê, dat jy my en soveel ander vroue gehelp het. Dat jy nie bang of skaam was om goed, allerdaagse goed met ons te kon deel.

    Ek wens jou alles wat mooi is toe, vir jou en jou twee pragtig seuntjies.

    Groete
    Nicoline

  • Corika Rademan said:

    Hey Natasha,
    Ek het jou boek gekry by my wonderlike man en 2 seuntjies vir moedersdag! En het jou boek baie geniet, dit was werklik ’n lekker lees boek wat baie inspireer. Ek en manlief is al amper 10 jaar bymekaar en vir 6 jaar getroud, en geniet die lewe en mekaar vreeslik saam met ons 2 engeltjies.
    Voordat ek my man ontmoet het, het ek ook maar net die verkeerde keuses gemaak opsoek na my ’spesiale soen’. Al het ek elke keer geweet dat dit nie die persoon is vir my nie, diep binne weet mens, maar mens wil net nie altyd luister nie! Net soos jy gebid het om weer lief te hê, het ek vir baie lank gebid dat ek eendag iemand sal ontmoet wat goed sal wees vir my en vir my sal sorg soos ek dit nodig het. En die Here het my gebede verhoor en geweet wat ek nodig gehad het vir my ’n goeie man gestuur. Wat my inspireer, ondersteun (al is ek op my moeilikste), saam my lag en speel, in my belangstel, my geniet net soos ek is, en wat lief is vir my. Ek dank die Here elke dag vir my hele gesin wat Hy vir my gegee het.
    Net soos vir jou is musiek ook so inspirerend vir my, maar het bietjie lanklaas die knoppie op sy hardste gedraai en uit volle bors saam gesing en gedans, maar na die boek brand dit binne my om dit weer te doen.
    Dankie vir jou goeie boek en ek hoop jy het al die boomhuis gebou vir die seuns. Ons het nie so baie groot bome in ons tuin nie en het toe my eie soort boomhuis gebou vir ons seuns.
    Bon-cheri Malan (sepienaam)

  • greets said:

    Hi Natasha,

    I am a 20-something woman and I just loved your book! I could giggle with you, hear you read, search together for Waldo and saw Tiger Tim in my mind’s eye. I believe every woman has got a Tiger Tim or a Burly Bob in their mind. That voice that creeps up in the silence. I loved exploring your terrain and the questions and quotes was just inspiring. I laughed a little, got nostalgic, cried a little and rejoiced with you every step. My wish for you is that God romances you in every day and ignites the starlighters of hope, joy, love, inner peace and faith from the get-go!

    Lots of love

Leave your response!

Add your comment below, or trackback from your own site. You can also subscribe to these comments via RSS.

Be nice. Keep it clean. Stay on topic. No spam.

This is a Gravatar-enabled weblog. To get your own globally-recognized-avatar, please register at Gravatar.