Articles in the uittreksel Category
uittreksel »
This excerpt is taken from the fourth chapter of Bittersweet called “ Beginnings”.
uittreksel »
This excerpt is taken from the fourth chapter of Bittersweet called “ Beginnings”.
uittreksel »
“Ons soek so dikwels liefde by ’n ander entiteit van vlees en bloed, sonder om dit eers in ons eie hart te voel. Ons glo dat hierdie persoon, hierdie omstandigheid, ons sleutel tot die hemel sal wees. Dat as die liefdesge-dagtes in hierdie persoon se brein oor ons gaan, dan moet ons iets werd wees. Dan moet ons lewend wees, heel, waardig. Dus, het ons lief omdat ons ’n behoefte het? Of het ons ’n behoefte omdat ons liefhet?
Op ’n goeie dag het daar ’n wonderwerk met my gebeur. Gedurende …
uittreksel »
Wat ’n pragtige woord. Passie. Dis so sensueel. Die patroon van die letters boei my. Die twee s’e langs mekaar sis byna heimlik in my bloed. Dit vul my met die kleur van granate. Dit is ’n woord wat groot lig en donkerte omvat, wat cool is, omdat ons uit al twee bestaan. En om die een deel te ontken, sal die skaal laat oorhel en sal ons ’n lewe in wanbalans lei.
hartstog, vurigheid, gretigheid, intensiteit, ywer, drif, driftigheid, entoe-siasme, besieling, emosie, lewendigheid, energie, lewenslus
Vir lank in my getroude lewe …
uittreksel »
Hierdie resep was my stapelvoedsel in die eerste maande nadat ek op my eie was. Ek is mal oor kolwyntjies! En ek hou veral van kolwyntjies wat skitter, want dan voel dit of jy betower word terwyl jy eet. En as hulle tuisgebak is, is hulle nog beter. Asjas West het gereeld kom oë wys, onverwags, met ’n Tupperware-houer vol van hierdie eetbare juwele onder die arm. Hulle het my gemoedstoestand onmiddellik verbeter.
Een keer het Asjas se dogtertjie ’n kroon opgesit en gespeel dat sy ’n prinses is. Toe sy …
uittreksel »
“Ek probeer so hard om kop bo water te hou. Ek weier om die knie te buig voor die vrees en hartseer wat my gedagtes wil oorneem. Ek wil so graag ’n begin, ’n middel en ’n einde hê – ’n netjies georganiseerde lewe. ’n Storieboek, ’n kalender van die hart, ’n soort padkaart om vir my te wys hoe om met die minimum hoeveelheid pyn aan die ander kant uit te kom. As ek net alles in boksies met logiese etikette kan sit, sal ek vir meer grappe kan …
uittreksel »
“Ek het nou net gebad – al huilende tussen die Body Shop borrels terwyl ek na die see kyk. En nou sit ek in my kraakvars Woolies-katoenpajamas. Ai tog, my hart is seer. Trane biggel teen my wange af terwyl die branders minder as drie kilometer van ons spoggerige, boomryke eiendom af breek. Ek stoot die St Leger & Viney strooikussings eenkant toe, en sit agtertoe om DSTV op ons massiewe LG-plasmaskerm te kyk. Miskien is daar iets op die kassie wat my aandag van my sorge kan aflei.
Ek maak …
uittreksel »
“Ek voel die wind op my vel, en dit laat my verstil met die betowering wat net ’n hier-en-nou-oomblik kan inhou. As sintuiglike wesens moet ons soms die pause-knoppie druk en die eenvoud van die oomblik aangryp – miskien sal ons dan ’n oomblik van vrede ervaar. In The Barefoot Doctor’s Handbook for the Urban Warrior: Survival Guide beweer Stephen Russel al die krag in die heelal is vervat in ’n enkele teenwoordige oomblik wat jou gedagtes in ’n waarneembare werklikheid kan omskep.
As jy bly fokus op ander dinge …
uittreksel »
“Groot probleem nommer een: Ek het nie groen vingers nie! My ouer suster, aan die ander kant, het ’n natuurlike aanslag om met grond en plante en allerhande aardse dinge om te gaan. Dis asof hulle ’n geheime taal praat wat ons gewone sterflinge nie verstaan nie. Sy het my groentetuintjie vir ’n rukkie bekyk en toe uitdruklik verklaar: “Dáárdie plant moet gaan, maar daai stekelrige een langsaan is ’n natuurlike insekweerder en moet bly.”
Sy’t vir my gesê watter blomme goed langs watter groente sal aard, want party plante voed …
uittreksel »
“In ons klopdansklas dans ons nooit in kompetisies of eksamens nie. Dis net ’n weeklikse commitment om ons persoonlike grense te strek en die mooi geraas wat ons maak te geniet. Uit suiwer selfsugtige oorwegings is ek bly Jacqui se klasse is nie kompeterend nie. Ek het net nie nou daardie soort energie in my lewe nodig nie.
Ek soek iets wat ek net kan geniet. Jacqui vermy juis om haar klasse ’n arena te maak waar haar studente teen mekaar en ander dansateljees meeding. “Soms maak kompetisie die gees van …
